Ons Kerk

Ons Geskiedenis

Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente, Newton Park, het op 29 Mei 1953 ontstaan uit die NG-Kerk Port Elizabeth Wes. Die gemeente het aanvanklik uit 700 lidmate bestaan en het gegroei tot 1109 teen 1992. Gedurende hierdie tyd was die meeste van die lidmate Afrikaanse gesinne wat in die omgewing gewerk en gewoon het.

Wie is ons vandag

Ons is trots op ‘n warm en intieme kultuur waarin omgee vir mekaar deurskemer, terwyl ons ook ‘n voetspoor in ons gemeenskap agterlaat. Dit alles geskied onder die diepgaande soeke na wie God vir ons is, of dit nou in ons erediens, jeugbediening, finansies, of gemeenskapswerk is.

Ons Droom vir die toekoms

Ons is geroep om liefde in ons gemeente en gemeenskap uit te leef. Daarom wil die gemeente ruimte skep vir alle mense.

Ons werk saam met verskeie organisasies soos Maranatha Straatwerk en Just Dance om hierdie roeping te vervul.

Ons strewe daarna om hoop te bring, liefde te omarm, en as innoverende Christene te leef.